|
Popular Keywords: old books, old book, cook books, poetry, find books, travel books, book search, bargain books, cheap books, inexpensive books, book compare, book comparison, comics, books and collectibles book, books, new books, new book, used books, used book, rare books, rare book, second hand books, second hand book, out of print books, out of print book, textbooks, used textbooks, cheap textbooks, college textbooks
Rekenaarwetenskap
In die algemeen gestel is rekenaarwetenskap die studie van berekening en inligtingverwerking, in beide hardeware(apparatuur) en sagteware (programmatuur). In die praktyk behels rekenaarwetenskap 'n wye reeks onderwerpe wat met rekenaars te doen het - van die abstrakte studie van algoritmes, formele grammatika's tot meer konkrete onderwerpe soos programmeertale, sagteware en rekenaarhardeware. As 'n wetenskaplike dissipline, verskil dit heelwat van wiskunde, programmering, sagteware-ingenieurswese en rekenaar-ingenieurswese, alhoewel hierdie velde heelwat in gemeen het.
- Rekenaarwetenskap gaan net so veel oor rekenaars as wat sterrekunde oor teleskope gaan.
- - toegeskryf aan Edsger Dijkstra
- - toegeskryf aan Edsger Dijkstra
- Computer science is not as old as physics; it lags by a couple of hundred years. However, this does not mean that there is significantly less on the computer scientist's plate than on the physicist's: younger it may be, but it has had a far more intense upbringing!
- - Richard Feynman
- - Richard Feynman
Rekenaarwetenskaplikes bestudeer wat programme kan of nie kan doen nie (onderwerpe soos berekenbaarheid en kunsmatige intelligensie is ter sprake), hoe programme sekere take effektief kan doen, hoe programme verskillende tipes inligting moet stoor en terugkry, en hoe programme en mense met mekaar kommunikeer.
Rekenaarwetenskap het sy wortels in elektroniese ingenieurswese, wiskunde en linguistiek. In die laaste paar dekades van die 20ste eeu is rekenaarwetenskap begin erken as 'n dissipline in eie reg en het eie metodes en terminologie ontwikkel.
By universiteite is rekenaarwetenskap aanvanklik gedoseer vanuit die wiskundedepartemente, maar deesdae het meeste universiteite aparte departemente vir rekenaarwetenskap en/of informatika.
Die grootste eerbewys in rekenaarwetenskap is die Turing-toekenning.
Rekenaarwetenskap is na-verwant aan verskeie ander dissiplines. Hierdie dissiplines oorvleuel heelwat, alhoewel belangrike verskille bestaan.
Verwante terreine
Vakgebiede van groot belang vir rekenaarwetenskap
Wiskundige fondasies
Teoretiese rekenaarwetenskap
Hardeware
(sien ook elektroniese ingenieurswese)
Rekenaarstelsel organisasie
(sien ook elektroniese ingenieurswese)
- Rekenaarargitektuur
- Rekenaarnetwerke
- Verspreide verwerking
- Werkverrigting van stelsels
- Rekenaarstelsel-implementering
Sagteware
- Rekenaarprogrammering en tegnieke
- Parallele programmering
- Programspesifisering
- Programverifikasie ?? (en:Program verification)
- Sageware-ingenieurswese
- Sagteware optimering
- Sagteware meting ?? (en:Software metrics)
- Sagteware konfigurasiebestuur ?? (en:Software Configuration Management)
- Gestruktureerde programmering
- Objek oriëntasie
- Ontwerpspatrone ?? (en:Design patterns)
- Vrye sagteware (en:Free software) en Open Source
- Programmeertale
- Bedryfstelsels
- Vertalers
- Leksikale ontleding
- Sintaktiese ontleding
- Semantiese ontleding
Data en inligtingstelsels
- Datastrukture
- Datavoorstelling
- Data-enkripsie
- Datasamepersing
- Ingligtingsteorie
- Lêers
- Lêerformate
- Inligtingstelsels
- Databasise
- Inligtingberging en verkreiging
- Inligtingkoppelvlakke en voorstelling
Metodologië
- Symboliese en algabraïse manipulasie
- Kunsmatige intelligensie
- Rekenaargrafika
- Beeldverwerking en rekenaar-sig (en: computer vision)
- Patroonherkenning
- Handskrifherkenning
- Spraakherkenning
- Simulasie en Modelering
- Dokument- en teksverwerking
- Digitale seinverwerking
Rekenaartoepassings
- Administratiewe dataverwerking
- Wiskundige sagteware
- Numeriese analise
- Geoutomatiseerde stelling-bewyse (en:Automated theorem proving)
- Rekenaralgebra
- Fisiese wetenskappe en Ingenieurswese
- Berekenings-chemie
- Berekeningsfisika
- Lewens- en Mediese wetenskap
- Bio-informatika
- Berekeningsbiologie
- Mediese informatika
- Sosiale en gedragswetenskappe
- Geesteswetenskappe
- Rekenaargesteunde ingenieurswese
- Robotika
- Mens-rekanaar-interaksie
- Spraaksintese
- Bruikbaarheids-ingenieurswese
Rekenaarmilieu
- Rekenaarindustrie
- Geskiedenis van rekenaarhardeware
- Rekenaars en opvoeding
- Rekenaars en gemeenskap
- Rekenaargesteunde samewerking
- Regsaspekte van rekenaars
- Bestuur van rekenaar- en inligtingstelsels
- ??(en:Personal computing)
- Rekenaar- en inligtingsekerheid
Geskiedenis
- Rekenaargeskiedenis
Rekenaarwetenskap-pioniers
- Charles Babbage
- John Backus, uitvinder van FORTRAN, die eerste praktiese hoë-vlakprogrammeertaal en die Backus-Naur-vorm om formele taak-sintaks mee te beskryf.
- James W. Cooley en John W. Tukey vir die Fast Fourier Transform en die impak op wetenskaplike navorsing.
- Ole-Johan Dahl en Kristen Nygaard, uitvinders van die proto-objek-georiënteerde taal SIMULA.
- Edsger Dijkstra vir algoritmes, Goto considered harmful, nougesetheid en pedagogiek.
- Admiraal Grace Murray Hopper vir pionierswerk in die 1940s, een van die eerstes wat die noodsaaklikheid van hoërvlak programmeertale herken. Sy skryf die eerste vertaler. Haar idees beïnloed die COBOL-taal grootliks.
- Kenneth Iverson, uitvinder van APL, vir sy bydrae tot interaktiewe programme. ??(en:interactive computing)
- William Kahan vir die IEEE-dryfpunt-standaard. (eerder by hardeware-ingenieurswese?)
- Donald Knuth vir die The Art of Computer Programming-reeks.
- Ada Lovelace, beroemd as die wêreld se eerste rekenaarprogrammeerder.
- John von Neumann vir die ontwerp van die von Neumann-argitektuur waarop meeste hedendaagse rekenaars gebasseer is.
- Claude E. Shannon vir inligtingsteorie.
- Alan Turing vir berekenbaarheidsleer, en het die Pilot ACE ontwerp
- James H. Wilkinson vir die tegniek van "backward error analysis" en vooruitgang in die gebied van matriksberekeninge. Wilkenson was ook 'n belangrike rolspeler in die ontwikkeling van die Pilot ACE, die eerste Britse rekenaar, in die laat 1940s.
- Konrad Zuse, bouer van 'n binêre rekenaar in die 1930s, waarvoor hy na bewering 'n teoretiese hoëvlak programmeertaal, Plankalkül ontwerp het.
Sien ook
Eksterne skakels
Bron
Hierdie artikel is grootendeels 'n vertaling van die ooreenstemmende in die .













